+27(0) 16 932 2925
+27(0) 16 932 2952
MediCross Vereeniging, C/O Nile Drive and "The Square", Drie Riviere

Dienste & Tekens

Huweliks & Verhoudings Probleme

Probleme kan veroorsaak dat twee mense verder en verder van mekaar af beweeg. Die verhouding word pynlik en verloor sy betekenis.
'n Oplossing gefokusde terapeutiese benadering is 'n noodsaaklikheid.

Post Traumatiese Stres

Na die ervaring van 'n baie traumatiese voorval soos 'n kaping, gewapende roof, ongelukke, ens. Kan die simptome van Post Traumatiese Stres baie onwrigtend wees

Emosionele Probleme

Enige emosies soos woede, vrees, hartseer en ander kan aangespreek word. Soms kan jou emosies oorweldigend en baie verwarrend wees en dan het jy die hulp van n terapeet nodig om sin te maak daarvan.

Rousmart / Hartseer

Die verlies van 'n geliefde is baie traumaties en ondersteuning in die proses kan baie voordelig wees.

Stres & Angs

Die oorsaak van stres kan by die werk of by die huis wees. Tegnieke word gegee om stres en angs in die algemeen maar ook in 'n bepaalde situasies effektief te bestuur.

Depressie

Depressie word gekenmerk deur verskillende simptome. Hierdie simptome is ontstellend vir die persoon en versteur dikwels verskillende dele van hul lewe. Hul vermoë om in die werk situasue te funksioneer en hulle vermoë om betekisvolle verhoudings te hê word be-invloed. Die lewe lyk nie na die moeite werd nie en die lewe kan pynlik wees.

Egskeidings Berading

Egskeiding gaan baie dikwels gepaard met hartseer, vrees, teleurstelling en verlies van selfwaarde. 'n Genesingsproses is nodig.
Ondersteuning word ook gegee om 'n nuwe lewe te ontwerp.

Selfbeeld Berading

Dit is baie moeilik om die uitdagings van die lewe aan te spreek wanneer jy nie bewus is van jou positiewe eienskappe nie. Om goed oor jouself te voel, is noodsaaklik om gelukkig te wees en die lewe te geniet.

MIV-Berading

Ondersteuning om aan te pas by die bewustheid van MIV & 'n positiewe houding teenoor die lewe te hê.

Skoolgereedheid

Spreek moontlike probleme aan voor jou kind skool toe gaan, sodat hy/sy 'n goeie begin tot sy/haar skooljare sal hê.

Leer Probleme

Assessering word gedoen om te bepaal wat die moontlike oorsaak van probleem areas op sy/haar leervaardighede is. Die nodige aanbevelings sal gegee word.

Gedrags & Emosionele Probleme

Baie dikwels gaan die twee saam. Kinders kan ook aan depressie ly, dit is in die belang van u kind om die oorsaak van die probleem te bepaal en hom/haar te help.

Beroepskeuses

Om 'n ingeligte beroepsbesluit te kan maak, is dit baie belangrik dat jy kennis van jouself en kennis van verskillende beroepe te hê.