Important notice: For up to date information regarding the about the COVID-19 pandemic visit www.sacoronavirus.co.za.
+27(0) 16 932 2925
+27(0) 16 932 2952
MediCross Vereeniging, C/O Nile Drive and "The Square", Drie Riviere
  • Mary Van Loggerenberg

    Voorligting Sielkundige & Opvoedkundige Sielkundige

  • Mary Van Loggerenberg

    Voorligting Sielkundige & Opvoedkundige Sielkundige

My Benadering Is:

* Om die aangemelde probleem aan te spreek deur probleem oplossingsgerigte terapie
* Aandag te gee aan die onderliggende oorsaak
* Om toekomsgeoriënteerd te wees deur emosionele groei te bevorder sodat die persoon in die toekoms meer effektief met probleme kan handel
* Alle terapeutiese tegnieke wat gebruik word, sal eers met die persoon bespreek word. Dit is van die uiterste belang dat jy baie gemaklik in terapie voel en jy het die reg om 'n alternatiewe benadering te versoek
* Die kwaliteit van jou emosionele funksionering bepaal die kwaliteit van jou lewe en verhoudings
* Werkswinkel om die risiko van depressie by kinders te verminder word Saterdag oggend gehou met 'n kollega Dr Karin van der Merwe met groepe van 5 persone of meer
* Ek konsulteer met volwassenes en kinders
* Tale: Afrikaans of Engels

Waarvoor ek dienste voor kan lewer

Help Kinders Met

Werkswinkels vir ouers

Hoe om die risiko van depressie by kinders te verminder

Hoe merk jy depressie by kinders op
Hoe kan ek 'n gelukkige ouer wees
Hoe leer ek my kind om emosies te hanteer
Hoe bou ek my kind se selfbeeld op
Wat doen ek met "boelie" gedrag
Hoe beheer ek dissipline

Skedule

Werkswinkels word op 'n Saterdag gehou vir 'n groep van minstens vyf mense
Werkswinkels word aangebied deur Mary Van Loggerenberg en Dr. Karin van der Merwe

Welkom by Sielkundige & Gesins Terapie


Dit is my doel om 'n gemaklike, veilige omgewing te skep waar ons saam sal werk om die doel te bereik.

Ek is 'n geregistreerde sielkundige wat betrokke is by die assessering en behandeling van geestesongesteldheid en gedragsprobleme.

Mary Van Loggerenberg
Sielkundige